Sarnath
Sarnath सारनाथ | |
|---|---|
Stad | |
Antieke Boeddhistiese kloosters in Sarnath | |
| Koördinate: 25°23′00″N 83°1′00″O / 25.38333°N 83.01667°O | |
| Land | |
| Deelstaat | Uttar Pradesh |
| Distrik | Benares |
| Bevolking | |
| • Totaal | 11 000 |
| Tydsone | UTC+5:30 (IST) |

Sarnath (Hindi: सारनाथ, Sārnāth) is 'n stad in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh met 'n bevolking van 11 000 in 2019, noordoos van Benares naby die saamvloei van die Ganges en die Varuna geleë. Sarnath is die plek waar Siddhartha Gautama ná sy verligting nou as die Boeddha die die leerstellings van dharma begin preek het, waarmee hy Sangha (die "Gemeenskap") gestig het. Die Boeddha het na Sarnath as een van vier plekke verwys wat Boeddhiste tydens 'n pelgrimstog sal besoek, die ander is Lumbini, sy geboorteplek; Bodh Gaya, waar hy verligting ontvang het; en Kushinagar, waar hy oorlede is. Gevolglik is Sarnath 'n belangrike bedevaartsplek vir Boeddhiste.[1] Sarnath se Antieke Boeddhistiese terrein is in 2026 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Nandini Majumdar (2014). Banaras: Walks through India’s Sacred City (1 uitg.). Nieu-Delhi: Roli Books Pvt. Ltd. p. 158. ISBN 978-81-7436-916-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sarnath.- (en) Toerisme-inligting oor Sarnath op Wikivoyage
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- (en) "Sarnath". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Augustus 2026.