close
Gaan na inhoud

Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die aardrykskundige verskynsel. Vir die kolonie, sien Kaapkolonie. Vir die provinsie, sien Kaapprovinsie.
Image
Die Kaap die Goeie Hoop, gesien vanaf Kaappunt.
Image
Kaappunt is op sigself 'n kaap.[1]
Image
Kaap die Goeie Hoop en Kaappunt (links) en Kaap Hangklip (regs) in Suid-Afrika soos gesien vanuit die ruimte.
Image
Kaap Tisan in Mersin-provinsie, Turkye.
Image
Kaap Tindari- en Marinello-strandmere, Sisilië.

'n Kaap (vanuit Latyn caput: kop, hoof, piek) of landhoof is 'n gewoonlik hoë, dun stuk land wat vanaf 'n kuslyn in 'n waterliggaam soos 'n rivier, meer of oseaan steek.[2][1] Kape is klein skiereilande, maar die meeste aardrykskundiges beskou 'n skiereiland as groter as 'n kaap.[1] Só is byvoorbeeld beide die Kaap die Goeie Hoop en Kaappunt kape wat op die Kaapse Skiereiland geleë is.[1]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 Jeannie Evers, red. (19 Oktober 2023). "Cape". National Geographic.
  2. Whittow, John B. The Penguin dictionary of physical geography. Londen: Penguin Books. p. 72.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]