Arusha
Arusha | |
|---|---|
Sentraal-Arusha met die berg Meru op die agtergrond | |
| Koördinate: 3°22′0″S 36°41′0″O / 3.36667°S 36.68333°O | |
| Land | |
| Streek | Arusha |
| Distrik | Arusha |
| Stigting | 1948 |
| Stad | Julie 2010 |
| Bevolking | |
| • Totaal | 617 631 |
| Tydsone | UTC+3 (Oos-Afrika Tyd) |
| • Somertyd | UTC+3 |
Arusha is 'n stad en streek in die noorde van Tanzanië. Die stad is op 'n plato in die Groot Skeurvallei tussen die Serengetivlakte, die Ngorongoro-krater, Manyarameer, Olduvaikloof en berg Kilimandjaro geleë. In Arusha is die Oos-Afrikaanse Gemeenskap se wetgewende vergadering gesetel. Die stad sal later as hoofstad van die beplande Federasie Oos-Afrika dien.


Amptelike dokumente wat onafhanklikheid aan Tanzanië verleen het, is in 1961 deur die Verenigde Koninkryk in Arusha geteken. Die Arusha-verklarings vir selfbehoud in Tanzanië is in 1964 ook in Arusha geteken. Die Arusha-ooreenkomste is op 4 Augustus 1993 in Arusha geteken deur verteenwoordigers van die verskillende partye betrokke by die Rwandese Burgeroorlog. Die Internasionale Kriminele Tribunaal vir Rwanda is in Arusha geleë.
Die Kaapstad-Kaïro-Grootpad loop deur Arusha en dit is volgens bewerings halfpad tussen Kaapstad en Kaïro geleë.[1]
Arusha is ook die Hindoenaam vir die "opkomende son".
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Scott Randall Paine. "Arusha, midway btw. Cape Town + Cairo". 3 Wisdoms. Besoek op 18 November 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arusha.- (en) Toerisme-inligting oor Arusha op Wikivoyage